Kommertye
Daar’s ‘n kommerklip in my skoen:
trap ek verby ‘n toiingskind
voel die klip in my Guccis
so groot soos ‘n ghoen
Daar’s kommerkrummels in my bed:
ek woel in nagmerries
van beenskraal kinders
met vlieë om die oë besmet
© Sara Dias 2008