a Child not Treasured

i’m only six, nearly seven,
but you may scatter
my ashes here in the sandbox
where i still play
or let fly, down-wind,
my powdered bones
and let me gently alight
on my sandcastle of hope
milled with pebbles,
my bones are purified
to fragile pillars
in support of my dreams
fling my dust into waves
where I stand, ankle-deep,
in the ravaged foundations
of my innocence
“what doesn’t kill, my [...]

Kindsheid sonder Kosbaarheid

ek’s ses, amper sewe,
maar gooi maar my as
solank hier in die sandput
waar ek en my maatjie speel
strooi my poeier gebeente
op die strand, wind af,
waar ek droom en dut,
sag in die lig gestreel
maal my met skulpe:
my skelet, skoon gewas,
blink in my kasteel en stut
my mooi drome-prieel
werp my stof oor die golwe
waar dit om my enkels plas
en [...]

Dad

In the heart’s abandoned chamber
drifts a ghost without spirit.
Here, in this great remove,
I sometimes seek its forlorn form;
it is only a vague longing
that drives me there,
for something that surely
should have been here.
© Sara Dias

Waar’s my pa?

hier, in ‘n gestroopte kamer
van my hart
dwaal ‘n spook sonder gees,
in hierdie afgeleë leegte
gaan soek ek soms
na die verlatene;
dis net ‘n vae gevoel,
miskien verlange,
dat daar tog iets
met ‘n gryntjie liefde
hier êrens
moet wees.
© Sara Dias

Ek’s seer en ek’s kwaad

‘n man sanik:
ek word beledig,
ek word ontman
as ‘n vrou haar sak
bang vasklou
in my pad -
dan kronkelend
om my trap;
ek voel verpletter -
asof met knuppel gemoer:
soos ‘n vuisvoos vrou
of ‘n gemokerde kind;
so ek is man-kwaad,
en as my vuis uitskiet,
wel, jammer vrou,
maar jy’s die naaste.
ek wat man is,
ek wat leier is,
ek wat slagoffer is,
ek is stereotiep bedruk:
ek dra [...]

Lida se verlange

Ek sit in skone Tokio en verlang soms tog …
na dofswart-vuilgeel-vaalbruin-oranjerooi hare,
tot mengelmoes geklits in die Kaapse wind-gewoel;
na bont tale wat vloei in eenkleurige rooi are
na een groot see wat deur ons menswees spoel;
waar gewelhuise aan die kus op geriffelde duin
benoud hurk tussen hitte-golwende sinkplate;
na bosveld kampvure – aangeblaas deur olifant basuin
wat lig op [...]

gou vergete

die Kaapse Dokter
reinig winter woes waaiend;
my gemoed is skoon
Sara Dias

a mutual unkindness

you can’t console me,
your winter is yours alone,
I’m woman, you’re man
Sara Dias
First published: Asahi Haikuist Network, February 20, 2009.