Na die maal (vir Lida)

reuse bloekoms stut
die swaar versadigde maan;
herfsfees is verby
Sara Dias

After the feast (for Lida)

giant blue gums now
shoulder the glutted spring moon;
the banquet is spent
Sara Dias

a mute appeal

her pain is winter-
white silence, unspeakable;
Hello Kitty mute
Sara Dias

insomnia

soft spring air quivers
under eager insect wings -
soon sleep slips away
Sara Dias

noordelike droogte

Kaapse winter-nat
kom groen die geel in Tshwane;
ons is dorstig sat
Sara Dias

somerbesie

soel sonbesie dag;
uitasem in stil skadu
‘n diep sug en wag

Sara Dias

no place in heaven

at the cup of nations, ruing our degeneracies,
overtures are launched at celestial cities:
the man with the beard, about to bat,
begs his god to up his stats.
the bowler, a cross ’round his neck
entreats his god t’keep runs in check.
the wicket-keep prays with such intention
hís must wish itself in another dimension.
plying his god with promises of reform
the [...]

’n Troufoto

vir ’n oomblik blink
sonspatsels wit
op die sierlike krul
van ’n raam
wat ’n troufoto van ouds
in silwerskyn omhul
in gedagtes
volg haar oë die glans;
daar is net glas
tussen haar en wat was
die bruidegom se vingers
soek sekerheid
aan ’n knoop van sy pak -
sy gelaat nou onder vingersmertse
in onsekerheid betas;
tot liefde versag
verdoesel onder duim,
deur wysvinger gewysig;
daar is meer as net glas
tussen [...]

Slapeloosheid in die Somer (vir Liesel)

deur Sara Dias
tjier–tjierie, tjier–tjierie
juig ‘tot weersiens!’ na die maan —
met ligte las
word al klaar baljaar
so tussen ’n takkie en ’n blaar:
’n witogie hier,
nee, dáár!
Lig-flitsies in die bloekomlaan
tjier–tjier! tjier–tjier!
’n wekroep gil tot op die maan —
moeisaam flenter sonbane
flou–vaag deur digte blare:
belaaide takke kerm hier,
kreun dáár
met besware;
want vyfuur is nog midderaand
© Sara Dias